Ons Kerkgebou

Argiewe

Herder in bekommernis – Fil 4

Tema: DIE HERE IS MY HERDER WANNEER EK BEKOMMERD IS

INLEIDING:

Bekommernis is hier op aarde seker deel van elke dag se lewe. Hierdie preek is bedoel om die gemeente toe te rus oor die regte hantering van bekommernis. ’n Mens hanteer bekommernis reg, wanneer jy weet dat die Here jou Herder is, ook wanneer jy bekommerd is en dat jy in jou Herder alles het wat nodig is om bekommernis te oorwin.

Tema: DIE HERE IS MY HERDER WANNEER EK BEKOMMERD IS

  1. BEKOMMERNIS:

“Moet oor niks besorg wees nie”, lees die opdrag in Fil.4:6. Die opdrag in hierdie vers gaan oor besorgdheid of dan bekommernis.

Wat is bekommernis?

Hoe moet ons hierdie woord besorg verstaan? In Fil.2:20 kry ons dieselfde woord. Daar gaan dit oor Timoteus wat die gemeente in Filippi se belange behartig. Besorgdheid is dus om belange te behartig. Ons kan sê om besorg te wees is om belang te stel. Om in iemand belang te stel, is mos goed. Waarom sê die Here dan vir gelowiges dat dit verkeerd is om in iemand Lees Verder…

Herder in aggressie – Ef.4:17-32

Tema: DIE HERE IS MY HERDER OOK WANNEER EK AGGRESSIEF IS

INLEIDING:

Die Bybel is bedoel vir elke dag en elke omstandigheid

“U Woord is die……lig op my pad” (Ps.119:105). Jy het elke dag oral waar jy gaan die Bybel nodig in jou lewe. Jy het ook die Bybel nodig wanneer jy kwaad of woedend word en met aggressie in jou lewe.

Die Here leer ons oor die reg en verkeerd van kwaad word

Jy kan in die Here se Woord baie interessante en baie belangrike dinge oor kwaad word of dan, aggressie leer. Wat jy in die Bybel  leer, sal jy altyd kan gebruik. Trouens, die Here wil dat jy sy Woord gebruik (Ef.5:17).

  1. DIE VERSKYNSEL VAN AGGRESSIE:

Om kwaad te word, is nie altyd sonde nie (Ef.4:26)

Mens dink baie keer om kwaad te word, is sonde. Jy dink kwaad word, is sonde en  pas daarom nie by die Bybel en daarom ook nie by ’n gelowige Christen nie.  Maar staan dit werklik in die Bybel dat jy nie mag kwaad word nie? Nee! ’n Mens Lees Verder…

My plek en doel in my Verlosser se gemeente – 1 Kor.12:18

MY PLEK EN DOEL IN MY VERLOSSER SE GEMEENTE

“Maar nou het God die lede elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê” (1 Kor.12:18).

  • God wou hê

Waarom bly jy waar jy nou bly?

Waarom werk jy waar jy tans werk?

Waarom is jy in hierdie gemeente waar jy nou is?

Bo al ons wik en weeg, troon God, die almagtige en alomteenwoordige God. Gewoonlik vergeet ons hierdie BAIE BELANGRIKE WAARHEID in ons lewe, wanneer ons die boonste drie vrae antwoord. Eintlik vergeet mens God, indien jy 1 Kor.12:18 buite rekening laat, wanneer jy die drie vrae antwoord.

Al ons wik en weeg sal op niks uitloop, indien God nie ons lewe beskik soos Hy wil nie.

As die Here nie wou nie, kon ek maar maak wat ek wou, ek sou nie die woonadres gehad het wat ek het, of die werk wat ek nou doen nie. As die Here nie wou nie, sou ek ook nie in hierdie gemeente kon wees nie.

GOD WOU MY HIER GEHAD HET, daarom is Lees Verder…

Die wondergenade van die Hemelse Regter!

DIE WONDERGENADE VAN DIE HEMELSE

REGTER

Die Hemelse Regter? Wie is Hy?

1. Hy is die almagtige Skepper van hemel en aarde.

Iets oor die skepping

  • Ons mense hier op aarde gebruik meters en kilometers elke dag. ‘n Atleet wat 10,31m per sekonde hardloop (100 m in 9,7 sekondes) haal die voorblad van die koerante wêreldwyd. Maar….. Dit is heeltemal onprakties en sinneloos om die heelal in terme van meter en kilometer te wil meet.
  • ‘n Ligstraal deur God geskep beweeg teen ±300 000 (299, 792,5) km per sekonde. Dit is 7 keer om die aarde in 1 sekonde. In een jaar trek lig 9 460 563 614 000 kilometer. Dit is 1 ligjaar.
  • Die son is 8 minute van die aarde ( 150 000 000 km). Die maan is 1 sekonde ver. Dis nou te sê, wanneer jy God se meetinstrument gebruik.
  • Ons sonnestelsel of galaksie staan bekend as die Melkweg. Ons galaksie is deel van ‘n groep van 30 galaksies. Die Melkweg is 100 000 ligjare lank en bevat tussen 100 000 Lees Verder…

Waarom Here? Job 1 en 2

Waarom Here?

Job 1,2

Soms word ‘n gelowige hier op aarde deur ‘n ongekende ramp en hartseer getref. Die hartseer het so onverwags gekom. Wat gebeur het, maak net nie sin nie. Hierdie situasie sien ‘n mens in die eerste twee hoofstukke van Job.

In die boek Job lig die Here vir ons die sluier oor wat agter die ‘skerms’ in die hemel gebeur het. Elke gelowige wat die boek Job lees, kom op hoogte van wat aanleiding tot Job se trauma gegee het.

Maar…….Job self het nie dieselfde inligting as elkeen wat die boek lees, gehad nie. Job self het ook nooit die antwoord ontvang waarom al die dinge met hom gebeur het nie.

Hierdie feit is ‘n belangrike deel van die boek Job wat ons as gelowiges in ons lewe ook kan toepas. Job het nie geweet waaroor alles gegaan het nie. Ook ons het nie altyd al die antwoorde nie. In Jesaja 55:8 en 9 praat die Here ook met ons daaroor: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede Lees Verder…

Waarom Here? Joh 9

Waarom Here?

Johannes 9:1-3

Dit lyk my een of ander tyd in elke gelowige mens se lewe kom jy by die punt waar jy vra: Waarom Here?

Hierdie vraag het natuurlike ‘n agtergrond. Daar gebeur dinge vooraf wat ‘n mens se lewe verander. Hierdie verandering neem jou lewe van rustig na onrustig, van goed na sleg, van voorspoed na swaarkry en beproewing. Hierdie verandering word dikwels veroorsaak deur een of ander gesondheids-omstandigheid. Hierdie skielike verandering kan teweeggebring word deur ‘n onverwagse diagnose van kanker, deur ‘n hartaanval, deur beroerte of deur watter ernstige siekte ook al. Deur die siekte kan die dood onverwags intree of die een wat siek is, kan so ‘n terugslag kry dat intensiewe sorg vier-en-twintig uur sewe dae ‘n week benodig word.

Wanneer hierdie swaarkry in ‘n mens se lewe kom, vra jy die vraag: Waarom Here?

Op ‘n dag was Jesus en sy dissipels in Jerusalem. Terwyl Hy van die tempel weggestap het, het Jesus ‘n man gesien wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels het Lees Verder…

Waarom Here? 1 Pet 1

Waarom Here?

1 Petrus 1:3-9

Die gelowiges aan wie Petrus sy brief geskryf het, was mense met wie dit baie swaar gegaan het. Die mense was Israeliete wat in Jerusalem en omgewing gewoon en gewerk het en rustig hulle bestaan gemaak het.

Hierdie mense het die Evangelie van Jesus Christus gehoor en deur die Heilige Gees geglo.  Onder die heidense Romeinse owerheid is die Christene swaar vervolg. Die gevolg was dat hierdie mense dikwels inderhaas moes vlug met omtrent net die klere aan hulle lyf as hulle enigste besittings.

Hulle kon ook nie net na ‘n ander dorp in Israel vlug nie, want daar sou die Romeine hulle ook kry om dood te maak. Hulle het daarom na ander lande gevlug. In die lande het hulle onder vreemde omstandighede, tussen vreemde mense met vreemde en heidense gewoontes gebly. Hulle moes weer van vooraf begin. Dit was nie maklik nie.

Petrus het geskryf om aan daardie gelowiges destyds sekerheid te gee. Omdat Petrus se brief God se Woord is, is die sekerheid ook bedoel vir gelowiges wat vandag swaar kry.

In vs 6 – 8 skryf Petrus oor beproewing en swaarkry in die lewe van gelowiges. Hy gebruik die beeld van goud wat gesmelt word.

Goud wat nog in die grond is, is reeds kosbaar, maar nog nie suiwer nie. En goud wat nog onsuiwer is, kan mens nie gebruik nie. Om die goud te kry, suiwer en bruikbaar en kosbaar, moet die goud eers deur vuur gaan. Suiwer goud kan deur vuur bly bestaan. Al die ander stowwe soos die erts wat nie suiwer goud is nie, word in die vuur verbrand en van die goud geskei, sodat die suiwer goud alleen oorbly. Jy kry die suiwer goud net deur die erts met vuur te brand.

Die goud wat deur vuur gelouter word, is die beeld wat Petrus onder leiding van die Heilige Gees gebruik om oor ons geloof in tye van swaarkry te praat. Daar is ‘n rede waarom ‘n gelowige swaarkry en selfs soms baie swaar kry. Petrus verduidelik hierdie rede aan ons.

Ons geloof wat ons salig maak en in die hemel moet bring, is geloof wat suiwer moet wees. Dit moet geloof wees wat aan die einde lof en heerlikheid en eer waardig moet wees. Vir so ‘n geloof is daar plek in die hemelse heerlikheid.

Terwyl ons nog hier op aarde is, is ons geloof soos die goud wat nog erts en ander afvalstowwe aan het. Ons geloof is egte geloof, maar nog nie suiwer nie. Daar is nog te veel van die onsuiwer aardse dinge wat ons vashou en onsuiwer maak.

Die Here gebruik swaarkry om ons geloof te suiwer. Hy wil ons nie straf of vernietig deur swaarkry nie. Hy wou dit nie met die gelowiges wat destyds so swaar vervolg is, doen nie, Hy wil dit ook nie met ons vandag doen nie. Hy wil ons geloof so suiwer maak, dat ons wanneer ons voor Jesus Christus verskyn lof en heerlikheid en eer sal ontvang.

Wanneer elkeen van ons vandag na onsself kyk, weet jy dat jy ware geloof in God het. Jy het hierdie geloof van die Heilige Gees ontvang. Maar jy weet ook dat sondige gedagtes en woorde en werke nog onsuiwerhede is wat jou geloof belemmer. Al hierdie onsuiwerhede moet afgewerk word. Dit doen die Here deur swaarkry.

‘n Mens kry net suiwer goud, nadat die erts deur vuur gesmelt is.

‘n Mens kry net suiwer geloof wat lof en heerlikheid en eer waardig is, nadat jy deur die vuur van beproewing gelouter is.

So leer die Heilige Gees ons deur die Here se Woord wat een van die redes is, waarom ook gelowiges hier op aarde soms so swaar kry. Die Heilige Gees wil ons deur 1 Petrus 1:6-8 sekerheid gee, dat God ons nie vergeet het nie, maar dat Hy juis in ons swaarkry met ons besig is. En hierdie swaarkry sal vir elke gelowige uitloop op die dag wanneer jy van jou Verlosser sal hoor dat jou geloof gesuiwer is en dat jou geloof lof en heerlikheid en eer waardig is en dat jy in hemelse heerlikheid opgeneem word!

jn

My dankoffer aan die Here

My dankoffer aan die Here

1. Inleiding

Elke Gereformeerde gelowige behoort te weet dat dankbaarheid ‘n wesenlike deel van ‘n mens se lewe uitmaak. Een van ons Belydenisskrifte, die Heidelbergse Kategismus, is ingedeel volgens ons sonde voor God, ons verlossing deur God en ons dankbaarheid aan Hom. ‘n Derde deel word aan dankbaarheid afgestaan.

Jy kan as ware gelowige jou dankbaarheid op baie verskillende maniere uitleef en bewys. Hierdie stuk handel oor die dankoffer in terme van stoflike middele, dit is geld, wat elke gelowige aan God verskuldig is.

2. Die tiende in die Ou Testament

2.1 Die opdrag

Israel, die gelowige verbondsvolk het by herhaling opdrag t.o.v. die tiende en ander offergawes ontvang. Enkele voorbeelde hiervan is:

Lev.27:30,32: ” (30) Een tiende van al die produkte van die land behoort aan die Here, of dit nou graan of vrugte is. Dit is aan die Here gewy. (32) Een tiende van die beeste behoort aan die Here. Die diere moet getel word, en al om die tiende dier wat verbykom, moet vir die Here afgekeer word.”

Deut.12:5,6: Lees Verder…

Genade….?…..!

GENADE….?…….!

Een van God se eienskappe is dat Hy genadig is. Wat is genade? Soms is die belangrike begrippe moeilik om te beskryf. Die rede hiervoor is dat die besondere eienskappe van God so uitsonderlik is. Die opskrif bevat daarom in die eerste plek ‘n vraagteken en in die tweede plek ‘n uitroepteken. Die bedoeling is dat onsekerheid (?) oor genade juis deur God se genade oorgaan tot sekerheid (!) oor sy genade.

So, kom ek beskryf genade op die volgende manier:

1-      Genade is God se goedgesindheid

2-      Hy is goedgesind omdat Hy altyd goed is (Ps.107:1).

3-      God is goed, daarom doen Hy goeie dinge soos sy skepping wat Hy goed geskep het (Gen.1:31).

4-      Hy is goed, daarom is sy verbondsbeloftes van uitkoms goeie beloftes (Jos.21:45).

5-      God is goed, daarom vergewe Hy sondes (Ps.25:7).

6-      Hy is goed en vergewe wel sonde, maar laat dit nie ongestraf bly nie (Eks.34:6,7).

7-      Sy goedheid vind ‘n hoogtepunt in Jesus Christus. God straf sonde, omdat Hy goed is en sonde sleg is. Omdat God goed is, straf Hy nie sondige mense met die ewige dood nie, maar sy Seun in ons plek. Dit is buitengewone en uitsonderlike goedheid! Omdat Christus in ons plek die straf op ons sonde gedra het, word elkeen wat in Hom glo, volmaak vergewe. Dit is goedheid! om glo, vergewe

8-      Genade is daarom meer as ‘n goeie gesindheid. Dit is ‘n goeie gesindheid wat in goeie dade oorgaan.

9-      God se genade loop verder hand aan hand met die uitdrukking “sonder enige verdienste”. God se genade vereis geen verdienste van die mens se kant nie. Dit is eintlik tog maklik verstaanbaar, want God is altyd en in alles die volmaakte en heilige God en elkeen van ons is altyd en in alles nietige en sondige mens op aarde. Sy genade word dus nie verdien nie, net ontvang. Hierdie is ‘n heeltemal vreemde konsep vir enige gewone natuurlike mens. Die Heilige Gees moet mens help om hierdie idee te aanvaar dat God gee, sonder om iets te verwag.

Enkele opmerkings oor die verband tussen sonde en skuld en God se genade.

Niemand weet vanself wat sonde is nie. Daar is nie so ‘n mens op aarde wat oor hierdie vermoë inherent beskik nie. Die kennis van sonde en skuld lê byvoorbeeld nie op die vlak van genetika nie! Ons het iemand, Iemand buite onsself hiervoor nodig.

Omdat God goed is en die sonde sleg, is Hy die Een wat ons teen die sonde wil waarsku en is Hy die Een wat wil dat ons sonde leer ken. Dit doen God deur sy Wet aan ons te gee (Rom.7:7). God is goed, daarom het Hy sy Wet gegee waardeur ons sonde kan ken. God se Wet is dus ook goed (Rom.7:12).

Om dus in mens se lewe te kan raaksien wat verkeerd, sleg en sondig is, kom van God wat goed is, af. Om sonde in jou lewe te besef, is daarom genade!

Dawid (2 Sam.11 en 12) en Paulus (Hand.9:1-6) is sprekende voorbeelde van hoe absoluut blind mens vir jou sonde kan wees, tensy die Here jou sonde aan jou wys (Dawid –  2 Sam.12:7a en Paulus – Hand.9:4,5). Waarom sou die heilige God hierdie twee sondige mense op hulle sonde gewys het en hulle lewens heeltemal verander het, anders as uit goedgesindheid teenoor hulle? Dit is genade! Dit is genade wanneer God jou op jou sonde wys (deur sy Woord) en jy jou sonde besef.

Dat God jou op jou sonde en skuld wys, is genade tot by die halfpadmerk. Want na 2 Sam.12:7 volg nog ander verse en lees ons in 2 Sam.12:13 dat Dawid sê: “Ek het gesondig teen die Here” en Natan sê: “So het die Here dan ook u sonde vergewe…”.

Na Hand.9:4,5 lees ons in vers 6 dat Paulus vra: “Here wat wil U hê moet ek doen?” en die Here se antwoord aan hom “Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen” en verder in die hoofstuk die Here se woorde aan Ananias wat baie skepties oor Paulus was “..hy (Paulus) is vir my ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor die nasies en konings en kinders van Israel” (Hand.9:15).

Genade envergifnis

Die tweede helfte van God se genade in die lewe van Dawid en Paulus was hulle vergifnis (en hand aan hand met vergifnis gaan roeping tot diens).

Die rede waarom hierdie twee dele uit die geskiedenis van die twee mense neergeskryf is en bewaar is, is nie omdat hulle enigsins sulke goeie voorbeeldige  mense was nie, alles behalwe! Hierdie geskiedenis is ook nie gewone geskiedenis nie, maar openbaringsgeskiedenis.

God wil met ander woorde vir enigeen wat hierdie dele lees, iets oor Homself sê. Hy maak in hierdie dele sy goedheid, goedgesindheid = genade bekend. Elkeen wat dit lees, is veronderstel om God se genade raak te lees, daaroor na te dink, jou in te span om dit te verstaan en dan ‘n keuse na een van twee kante te maak – (1) maak die Bybel toe en sê: Dit is nou alles goed en waar dat die dele oor Dawid en Paulus in die Bybel staan. Dit het baie lank gelede gebeur en is miskien interessant. So, dankie maar nee dankie, dit is nie vir my nie – (2) Aanvaar dat die dele in die Bybel ook vir jou bedoel is en antwoord die Here op sy Woord: O God, wees my (hier waar ek nou met die Bybel in my hand sit), sondaar (met al my baie sonde wat so erg is en wat ek soveel keer al gedoen het en waardeur ek myself so afgebreek en verneder het) ook genadig!

Keuse 2 in eenvoudiger taal: Here sal U vir my ook asseblief goed wees?

Hierdie keuse is in werklikheid ‘n geloofskeuse wat gemaak moet word.

Keuse 1 is die van ‘n mens met geslote oë, geslote verstand en ‘n geslote hart wat uit eie keuse alles geslote laat bly. En per implikasie sê dat God nie goed = genadig is nie.

Keuse 2 is die van ‘n mens ook met geslote oë, ‘n geslote verstand en geslote hart maar van wie se oë die Heilige Gees die skille laat afval, uit wie se verstand die Heilige Gees die beneweldheid laat verdwyn en wie se hart die Heilige Gees vir die wonder van God se genade oopmaak! Dit is die sondige mens wat per implikasie sê dat God goed, of te wel genadig is.

J Nel

Die Here is my Herder wanneer ek eensaam is

Tema: DIE HERE IS MY HERDER OOK WANNEER EK EENSAAM IS

INLEIDING:

“Ek het niemand nie” (Joh.5:7)…..was die woorde van ‘n baie eensame mens. Hy was ‘n man wat reeds vir 38 jaar siek was. Om hom was elke dag baie mense, maar hy het niemand gehad nie, totdat hy by sy Herder uitgekom het en sy lewe heeltemal verander het.

Tema: DIE HERE IS MY HERDER OOK WANNEER

EK EENSAAM IS

  1. WIE IS EENSAAM?

Wat is eensaamheid?

Eensaamheid is ‘n emosionele gevoel van pyn wanneer jy nie goeie kontak met ander mense het nie. Hierdie pyn word vererger deur gevoelens van leegheid binne in jou, minderwaardigheid, afgesonderdheid, mismoedigheid en selfs angs.

Soms is eensaamheid van korte duur, wanneer jy in ‘n nuwe omgewing intrek, by ‘n nuwe werk begin of by ‘n nuwe gemeente aansluit. Eensaamheid kan ook langdurig wees indien jy as gevolg van minderwaardigheid, onsekerheid en vrees vir mense alleen bly leef.

Eensaamheid is deel van die sondige wêreld waarin ons leef.

Die wêreld se mees algemene geestelike probleem

Navorsers het eensaamheid op ‘n keer die wêreld Lees Verder…