Ons Kerkgebou

Argiewe

Die Here is my Herder

Tema: DIE HERE IS MY HERDER

INLEIDING:

Die beeld van die Herder en sy kudde

‘n Mens praat nie juis baie oor skape nie. Ons ken ook nie meer regtig vandag herders of skaapwagters nie. Maar….hierdie beeld van die Herder en die skape is ‘n baie belangrike beeld in die Bybel.

Tema: DIE HERE IS MY HERDER

  1. DIE HERE IS MY HERDER

Die Here is – die LEWENDE GOD

Die Here het ‘n Naam. Wanneer die Here Moses stuur om Israel uit Egipte te lei, wou Moses weet Wie die Here is. Daar het die Here sy Naam vir Moses gesê: “Ek is wat Ek is” (Eks. 3:14).

Die Here se Naam verduidelik Wie Hy is en wat Hy doen. Die Naam Here sê dat die Here die lewende God is. Hy het nog altyd gelewe. Van voor die begin van alles het God gelewe en na die einde van alles sal God nog steeds lewe. Die Naam Here beteken dus dat die Here nog altyd was en vir altyd sal wees.

DIE HERE LEEF!

Die Here leef – Lees Verder…